Luister na die kanniedood-Lister-enjins

LISTERS EN DOILIES

Luister na die kanniedood-Lister-enjins

Vir ’n goeie eeu al is Lister-enjins ’n andersom beurtkrag en so deel van ons plaasnagte soos die sterre in die hemel, skryf JAN HORN.

DESEMBER 1986. Ons kampeer by Kleinkandas op my oom Attie se plaas op die walle van die Goukourivier wat afloop na Stilbaai. Stilbaai was toe nog stil. Alles was stil. Selfs die branders het saggies op die strand gebreek. En die Goukou wat lui-lui seekant toe dryf, nog stiller as Stilbaai.

Die son sak en my oom stap na die waenhuis. Hy sluit oop. Die diesel word spaarsamig in die kragopwekker se tenk gegooi. Slinger word gedraai en daar vat hy. Die Lister. Met sy kenmerkende suigklank as die kleppe inskop en dan die poef-poef-poef wat by die waenhuisdeur uitskarrel. Oom Attie se huisie word ’n poel lig in die donker nag. Die lig sypel soos ’n nat kol oor sy patatlande af na die rivierwal. Poef-poef-poef. Volgende is die buurman se Lister. Slurp-blaas-slurp-blaas met die slinger en dan poef poef-poef gesels hy met oom Attie s’n. En dan volg die buurman se buurman s’n. Buurman vir buurman. Al kronkelend op met die Goukou kom die Listers al geselsend aan die gang. Vanaf die oorkant van die rivier kan jy die string Lister-liggies uit die plaashuise sien wat strepe oor die water weerkaats.

Vir ’n goeie eeu al is die Lister-enjins ’n andersom beurtkrag en so deel van ons plaasnagte soos die sterre in die hemel. Hulle pomp water in die dorstige Karoo vir mense en diere, laai batterye vir die huisradio, trek die Zero-vrieskaste tot -12°C en gee genoeg lig vir aandgodsdiens in die afgeleë plaashuise...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.