KOM ons kry eers al die pols-kouery agter die rug: Ons kry dit deesdae nie meer so dikwels reg om genoeg elektrisiteit op te wek om die land se ekonomie net aan die gang te hou nie, laat staan nog genoeg om dit te laat groei sodat ons kan werk skep vir ’n massa mense wat ál verder in hopeloosheid wegsink.
Die grootste rede hiervoor is dat die meeste van ons elektrisiteit van Eskom se vloot steenkoolaangedrewe kragstasies kom, en die meeste van dié is oor die muur of sukkel om behoorlik aan die gang te kom. Wanneer hulle wel werk, is die verbranding van steenkool ’n morsige proses waarvan omtrent almal graag die einde wil sien. In elk geval is dit deesdae feitlik onmoontlik om verdere finansiering vir steenkoolkrag te kry.
So 10% van ons elektrisiteit kom van kernkrag in die vorm van Koeberg, maar dié is ook al lank in die land en gaan ook ’n groot klomp geld vat om aan die gang te hou. Nuwe kerntegnologie bied opwindende moontlikhede, maar dan sal ons eers heelwat verlore kundigheid en kapitaal na die land moet teruglok...
Registreer gratis om hierdie artikel te lees.
Hallo! Vrye Weekblad het op 1 Oktober 2022 geskuif van Arena Holdings na die Nuwe Vrye Weekblad Mediagroep. Dit beteken dat ons jou asseblief moet vra om weer ’n lesersprofiel te skep.
Dít sal jou vir Oktober, wat C. Louis Leipoldt nie verniet “die mooiste, mooiste maand” genoem het nie, toegang gee tot alle artikels wat in dié maand gepubliseer is.
Ons hoop dit gee Arena genoeg tyd om alle uitstaande subskripsiegelde aan huidige intekenare uit te betaal.
Van 1 Januarie 2023 sal jy 'n subskripsie uitneem. Maar vir nou is alles mahala! Geniet dit. En dankie dat jy weer met ons is!
Reeds geregistreer? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.
Om kommentaar te lewer op hierdie artikel, registreer (dis vinnig en gratis) of meld aan.
Lees eers Vrye Weekblad se Kommentaarbeleid voor jy kommentaar lewer.