Politieke Notaboek | Sy Eksellensie President Shipokosa Paul ...

NUWE OU WINDE

Politieke Notaboek | Sy Eksellensie President Shipokosa Paul Mashatile?

MAX DU PREEZ skryf (weer) oor Phala Phala en die kanse dat Cyril Ramaphosa dalk sal moet opsystaan wanneer ’n nuwe leier oor presies ’n maand gekies word, oor wie en wat Paul Mashatile is, en oor die nuwe winde in die ANC wat van Joel Netshitenze weer ’n kandidaat vir ’n senior pos maak.

ONS weet nie mooi wat Cyril Ramaphosa se verduideliking is oor wat met die diefstal van sakke vol dollars van sy plaas Phala Phala gebeur het nie. Ons weet wel vandag dat as dit ’n klinkklare, eenvoudige verduideliking was, sou oudhoofregter Sandile Ngcobo en sy paneel wat die saak vir die parlement ondersoek, nie nog twee weke gevra het om hulle verslag te voltooi nie.

Volgens die parlement se woordvoerder, Moloto Mothapo, sê die regter die uitstel is geregverdig weens die “belangrikheid” en “kompleksiteit” van die ondersoek. (Wat is nou juis so kompleks, regter? Ek kan dit maklik vir jou vereenvoudig.)

Die paneel moes dié week aan die Speaker verslag gedoen het, maar het nou uitstel tot 30 November. Die paneel moet beslis of daar ’n prima facie-saak van wangedrag of onetiese of kriminele optrede teen die president is...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Vrye Weekblad het op 1 Oktober 2022 geskuif van Arena Holdings na die Nuwe Vrye Weekblad Mediagroep. Dit beteken dat ons jou asseblief moet vra om weer ’n lesersprofiel te skep.

Dít sal jou vir Oktober, wat C. Louis Leipoldt nie verniet “die mooiste, mooiste maand” genoem het nie, toegang gee tot alle artikels wat in dié maand gepubliseer is.

Ons hoop dit gee Arena genoeg tyd om alle uitstaande subskripsiegelde aan huidige intekenare uit te betaal.

Van 1 Januarie 2023 sal jy 'n subskripsie uitneem. Maar vir nou is alles mahala! Geniet dit. En dankie dat jy weer met ons is!

Reeds geregistreer? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.