Oekraïne: Dit is nou tyd dat Suid-Afrika teen Putin opstaan

OEKRAÏNE-OORLOG

Oekraïne: Dit is nou tyd dat Suid-Afrika teen Putin opstaan

Dit is vandag 253 dae gelede dat Rusland die soewereine VN-lidland Oekraïne militêr binnegeval het. Tienduisende mense het reeds gesterf. Die stede en dorpe van Oekraïne word stelselmatig verwoes. Die lêers met getuienis van ernstige oorlogsmisdade deur Rusland stapel op. Dit is nou hoog tyd dat die Suid-Afrikaanse regering sy kruiperige houding jeens Vladimir Putin heroorweeg, skryf MAX DU PREEZ. Dit is belangrik vir hoe ons onsself sien en hoe die wêreld ons sien.

DIE Suid-Afrikaanse departement van internasionale betrekkinge se eerste reaksie ná die Russiese inval op 24 Februarie was om die militêre aggressie van een land teenoor ’n ander te verdoem.

Dit was eintlik ’n no-brainer: Oekraïne is ’n demokrasie en ’n soewereine republiek. Dit het hoegenaamd geen regstreekse militêre bedeiging vir Rusland ingehou nie. Géén.

In die woorde van die sekretaris-generaal van die Verenigde Nasies, António Guterres: “Russia’s invasion of Ukraine is a violation of its territorial integrity and of the Charter of the United Nations. It must end for the sake of the people of Ukraine, Russia, and the entire world.”..

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Vrye Weekblad het op 1 Oktober 2022 geskuif van Arena Holdings na die Nuwe Vrye Weekblad Mediagroep. Dit beteken dat ons jou asseblief moet vra om weer ’n lesersprofiel te skep.

Dít sal jou vir Oktober, wat C. Louis Leipoldt nie verniet “die mooiste, mooiste maand” genoem het nie, toegang gee tot alle artikels wat in dié maand gepubliseer is.

Ons hoop dit gee Arena genoeg tyd om alle uitstaande subskripsiegelde aan huidige intekenare uit te betaal.

Van 1 Januarie 2023 sal jy 'n subskripsie uitneem. Maar vir nou is alles mahala! Geniet dit. En dankie dat jy weer met ons is!

Reeds geregistreer? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.