DIE Internasionale Strafhof het pas ’n lasbrief uitgereik vir die arrestasie van pres. Vladimir Putin en Maria Lvova-Belova, Rusland se kommissaris belas met die belangebevordering van kinders, weens die lukrake misplasing en ontworteling van Oekraïniese kinders.
Dié onwettige deportasies van burgerlike kinders vanuit Oekraïne na Rusland is vervat in ’n verslag van die Verenigde Nasies se raad vir menseregte. Luidens dié verslag het Rusland nie net oorlogsmisdade begaan sedert sy inval in sy buurland nie, maar ook duisende kinders ontvoer en by pleegouers in Rusland geplaas.
Die kinders is nie noodwendig wesies nie, maar is in die stryd in Oekraïne weens siekte, geweld of die aanhouding van hul ouers sonder ’n heenkome gelaat. Volgens die hof was die kinders reeds getraumatiseer, maar is hulle toe ’n tweede keer getraumatiseer deurdat hulle skielik in die huise van wildvreemdes beland het en dít sonder enige idee of hul ouers eens weet waar hulle is...
Registreer gratis om hierdie artikel te lees.
Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.
Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.
Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.
Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.
Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.
Om kommentaar te lewer op hierdie artikel, registreer (dis vinnig en gratis) of meld aan.
Lees eers Vrye Weekblad se Kommentaarbeleid voor jy kommentaar lewer.