Een hand hou bedelbak vir die Weste, die ander is om Putin se blaas

ANC-IDEOLOGIE BO NASIONALE STRATEGIE

Een hand hou bedelbak vir die Weste, die ander is om Putin se blaas

Op dieselfde dag dat pres. Cyril Ramaphosa Westerse lande by die VN se Klimaatveranderingkonferensie in Egipte vir R1,5 triljoen vir ’n oorgang na volhoubare energie gesmeek het, is aangekondig dat Suid-Afrika oor drie maande ’n gesamentlike vlootoefening met Rusland en China gaan hou. Dit pas in by Rusland en China se langtermyn-doelwitte om ’n sterker teenwoordigheid in die Indiese Oseaan en in Afrika te vestig, maar om met die aggressor in Oekraïne te heul, kan niks goeds vir Suid-Afrika inhou nie, skryf ERIKA GIBSON.

DIT is ANC-ideologie bo nasionale strategie. Dit is die enigste verduideliking. Die rooi tapyt is boonop pas vir die adjunkminister van verdediging van Kuba in Pretoria uitgerol.

Elemente in die ANC beskou enige vriendskaplike kontak tussen die Suid-Afrikaanse regering en die Weste as verraad. Die ANC-veteraan en lid van die uitvoerende komitee Tony Yengeni het juis dié week Ramaphosa se ontmoeting met Westerse leiers in Egipte verdag probeer maak:

’n Onthutste senior militêre ontleder sê Suid-Afrika het homself nou as een van die muishondstate soos Noord-Korea en Iran gegroepeer deur ’n middelvinger vir die Weste te wys...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.