20 Maart 2023: ’n Strategiese meesterstuk

NASIONALE DAG VAN INPERKING

20 Maart 2023: ’n Strategiese meesterstuk

Maandag se ‘nasionale inperking’ was strategies briljant en ’n goeie begin om die EFF se magsbasis te verstewig. Eerder as om te sidder by die gedagte aan ’n koalisie tussen Paul Mashatile en Julius Malema behoort ons die dag te vrees wanneer die 70% van Suid-Afrikaners wat in armoede leef, die EFF as ’n alternatief vir die ANC begin sien, skryf PIET CROUCAMP.

EK het die afgelope week ’n e-pos aan Julius Malema gestuur om hom geluk te wens met die strategiese beplanning en uitvoering van die EFF se nasionale dag van inperking. Ek het wel die skade aan die ekonomie betreur, maar dit só verwoord dat ek nie sy wrewel ontlok nie.

Wat politieke strategie betref – in die konteks van ’n wankelende staat en die strewes van die EFF vir 2024 se nasionale en provinsiale verkiesings – was Maandag 20 Maart 2023 ’n absolute meesterstuk.

Maar ontledings in die media het redelike konsensus dat die EFF se dag van nasionale inperking ’n mislukking was. Sou hulle dink dit was ’n sukses as die land in ligte laaie gestaan het? By watter breekpunt en met hoeveel geweld sou kommentators en ontleders die dag as ’n sukses vir die EFF bestempel het?..

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.