Die bandiet, ’n sak vol geld en ons ‘volgende president’ …

SMOKKEL MET KOPPE

Die bandiet, ’n sak vol geld en ons ‘volgende president’ …

Gayton McKenzie glo hy gaan nog Suid-Afrika se president word. Hy sal dan vir JACQUES PAUW moet bedank wat hom meer as 20 jaar gelede op televisie beroemd gemaak het – toe hy nog ’n gevangene in Grootvlei was. Hier is die storie agter die storie.

DIT is vroegmiddag op ’n Sondag in Mei 2002 en in die Grootvlei-gevangenis buite Bloemfontein begelei ’n bewaarder my deur ’n netwerk van tralie- en staaldeure tot in die ingewande van die tronk. Strak, emosielose gesigte staar my aan en die reuk van Dettol, vloerpolitoer en menslike liggame wat te lank saam ingekerker was hang in die lug.

In ’n kantoortjie sit die bevelvoerder van die tronk, superintendent Tatolo Setlai, en vier bandiete op my en wag. Onder hulle is twee moordenaars, ’n bankrower en ’n veedief.

Setlai stel my voor aan die gevangenes: Moosa Mia, 30 jaar tronkstraf vir dubbele moord; Petrus Sekutoane, 18 jaar vir moord; Samuel “Skollie” Grobbelaar, 11 jaar en nege maande vir veediefstal, bedrog en ontsnapping; en Gayton McKenzie, 15 jaar vir gewapende roof...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Vrye Weekblad het op 1 Oktober 2022 geskuif van Arena Holdings na die Nuwe Vrye Weekblad Mediagroep. Dit beteken dat ons jou asseblief moet vra om weer ’n lesersprofiel te skep.

Dít sal jou vir Oktober, wat C. Louis Leipoldt nie verniet “die mooiste, mooiste maand” genoem het nie, toegang gee tot alle artikels wat in dié maand gepubliseer is.

Ons hoop dit gee Arena genoeg tyd om alle uitstaande subskripsiegelde aan huidige intekenare uit te betaal.

Van 1 Januarie 2023 sal jy 'n subskripsie uitneem. Maar vir nou is alles mahala! Geniet dit. En dankie dat jy weer met ons is!

Reeds geregistreer? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.