Wendy en Babita: Wat het van ons geword?

KONSTRUKSIEMAFIA

Wendy en Babita: Wat het van ons geword?

Wendy Hendricks Kloppers, wat verlede week op ’n bouterrein van die Stad Kaapstad in teregstelling-styl doodgeskiet is, verdien om meer as ’n blote statistiek te wees, sê ANNELIESE BURGESS. Net soos al die ander mense wat die teiken van roofsugtige mafiabendes geword het wat omkoop- en beskermingsgeld op bouterreine oor die land heen eis. Daar word van ons vereis om die menslikheid terug te sit in die afgryslike statistieke van moorde in Suid-Afrika.

OP Wendy Hendricks Kloppers se Facebook-dekblad pryk ’n blink pienk banier met ’n vers uit die Bybelboek Jesaja in Engels: “No weapon formed against you will prosper.”

Wendy is verlede week by die ingang na ’n bouterrein van die Stad Kaapstad in Delft in teregstelling-styl doodgeskiet. Sy is op kort afstand deur die voorruit van haar wit BMW geskiet. Dit was net voor 11:00. Sy het met ’n veiligheidswag gesels toe twee mans uit ’n wit Polo geklim het wat op die sypaadjie geparkeer was. Hulle het doodluiters na Wendy se kar gestap en ’n magasyn deur haar voorruit leeggeskiet. Wendy het in die koeëlreën gesterf. Die veiligheidswag, ook ’n vrou, is in die arm gewond.

Wendy was ’n ma van twee seuns: een in matriek en die ander net 10 jaar oud. Nog ’n baba. Hulle sal albei hulle weg in die wêreld sonder hulle ma moet vind...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Vrye Weekblad het op 1 Oktober 2022 geskuif van Arena Holdings na die Nuwe Vrye Weekblad Mediagroep. Dit beteken dat ons jou asseblief moet vra om weer ’n lesersprofiel te skep.

Dít sal jou vir Oktober, wat C. Louis Leipoldt nie verniet “die mooiste, mooiste maand” genoem het nie, toegang gee tot alle artikels wat in dié maand gepubliseer is.

Ons hoop dit gee Arena genoeg tyd om alle uitstaande subskripsiegelde aan huidige intekenare uit te betaal.

Van 1 Januarie 2023 sal jy 'n subskripsie uitneem. Maar vir nou is alles mahala! Geniet dit. En dankie dat jy weer met ons is!

Reeds geregistreer? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.