SA se dapper vroulike fluitjieblasers

HELDER STEMME IN DIE TROEBEL WÊRELD VAN KORRUPSIE

SA se dapper vroulike fluitjieblasers

Vroue was die laaste paar jaar aan die voorpunt om korrupsie in Suid-Afrika oop te vlek – dapper individue wat nie terugdeins om vergrype aan die lig te bring nie en meestal ’n hoë prys daarvoor betaal. Histories is daar ook 'n tradisie van vroue as fluitjieblasers wat minstens 220 jaar teruggaan, skryf MATTHEW BLACKMAN en NICK DALL.

  • 03 September 2021
  • Nuus & Politiek
  • 15 min om te lees
  • artikel 11 van 31
  • Matthew Blackman en Nick Dall

BABITA DEOKARAN het Maandag om 08:00 by haar huis in Johannesburg teruggekom, pas nadat sy haar tienerdogter by haar skool afgelaai het. Voor die huis het sy in ’n koeëlreën beland toe aanvallers vanuit ’n ongemerkte BMW skote op haar gevuur het. Sy het later die dag aan haar wonde beswyk.

Die moord op Deokaran, ’n fluitjieblaser oor beweerde bedrog met persoonlike beskermingstoerusting in die Gautengse departement van gesondheid, beklemtoon presies hoe baie op die spel geplaas word deur mense wat korrupsie in Suid-Afrika aan die lig wil bring.

Dit herinner ’n mens ook aangrypend dat vroue talle van Suid-Afrika se dapperste fluitjieblasers in die oorlog teen vergrype en omkopery is. As jy terugkyk in die geskiedenis, sien jy individue soos lady Anne Barnard, Olive Schreiner en Emily Hobhouse. In Suid-Afrika se onlangse verlede het vroue ook ’n prominente rol gespeel om magsfigure tot verantwoording te roep. Dink byvoorbeeld aan die vorige openbare beskermer, Thuli Madonsela, Bianca Goodson en Mosilo Mothepu by Trillian, en die SAL-fluitjieblaser Cynthia Stimpel...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.