Sluipmoord is nou ’n alledaagse manier om jou sin te kry

VALUTA VAN GEWELD

Sluipmoord is nou ’n alledaagse manier om jou sin te kry

Weens die voortdurende agteruitgang in die polisie het sluipmoorde skerp toegeneem as ’n manier om politieke en finansiële doelwitte te bereik. Die situasie gaan verder vererger tensy drastiese stappe gedoen word om die polisie reg te ruk, skryf PIETER VAN DER MERWE.

DIE ANC-raadslid Sbonelo Mthembu was 36 toe hy op Vrydag 13 Januarie (https://www.saps.gov.za/newsroom/msspeechdetail.php?nid=44305) in eMkhondo in Mpumalanga vermoor is. Net weke tevore was hy saam met duisende van sy kamerade by Nasrec vir die party se nasionale konferensie, waar hy saam met leiers soos Sihle Zikalala en Ronald Lamola (https://www.facebook.com/sbonelo.mthembu.520) afgeneem is.

Op die dag van sy dood het Mthembu, wat ook die sekretaris van sy plaaslike ANC-tak was, en die ANC-aktivis Sizwe Mbingo saam met ’n werktuigkundige aan Mthembu se kar gewerk toe drie aanvallers op hulle losgebrand en hulle doodgeskiet het.

Twee maande tevore is die adjunkvoorsitter van die ANC se Gert Sibande-streektak (https://www.facebook.com/groups/1561490680812049/permalink/3020594464901656/) (Ermelo), Muzi Manyathi, ook vermoor...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.