Spesiale verslag | Die 15 ‘markte’ van georganiseerde misdaad in SA

DONKER WEB

Spesiale verslag | Die 15 ‘markte’ van georganiseerde misdaad in SA

Daar word geraam dat Suid-Afrika se vlakke van georganiseerde misdaad nou hoër is as dié van Mexiko, Somalië en Libië. Van sluipmoorde op fluitjieblasers en polisie- ondersoekers tot transitorooftogte, ontvoerings vir lospryse en handel in renosterhoring, word die ‘donker web’ van misdaad aangevuur deur ’n toenemend gesofistikeerde en gewelddadige onderwêreld-ekonomie. ANNELIESE BURGESS ontleed ’n onlangse misdaadverslag.

GEORGANISEERDE misdaad is ’n eksistensiële bedreiging vir Suid-Afrika se demokratiese instellings, ekonomie en mense. En wat op die oog af na onafhanklike en uiteenlopende misdadige gebeure kan lyk, is in baie gevalle met mekaar verbind.

Dít is die ontnugterende eerste stelling van ’n verslag oor die mees omvattende ondersoek tot nog toe oor georganiseerde misdaad in Suid-Afrika.

Die Global Initiative Against Transnational Organised Crime (GI-TOC) se risiko-ontleding (https://globalinitiative.net/wp-content/uploads/2022/09/GI-TOC-Strategic-Organized-Crime-Risk-Assessment-South-Africa.pdf) identifiseer drie strome in wat hulle Suid-Afrika se “self-sustaining, self-protecting and self-expanding criminal economy” noem. Eerstens die groei van georganiseerde misdaad, tweedens die opkoms van korrupsie onder die elites en derdens die uitholling van staatsinstellings...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.