MABUZA het glo na homself as The Cat begin verwys nadat hy in 2015 ’n vermeende poging om hom te vergiftig oorleef het, maar dit kan net sowel wees oor sy vinnige voetwerk in die skadu’s en agter die skerms.
Die lys van bewerings teen Mabuza is lank, maar dis selde dat iets teen hom bewys kan word of dat hy enige prys daarvoor betaal. Trouens, as ons weer sien, is hy in ’n selfs invloedryker posisie as tevore. So byvoorbeeld is hy destyds deur premier Mathews Phosa afgedank as Mpumalanga se LUR vir onderwys nadat die provinsie se matriekslaagsyfer van 51% tot 71% opgeblaas is, maar ná die daaropvolgende verkiesing was hy terug as LUR vir behuising onder premier Ndaweni Mahlangu.
Mabuza se naam word omtrent altyd in dieselfde asem genoem as die tenderbedrog met die Mbombela-stadion vir 2010 se Sokkerwêreldbekertoernooi, en selfs wanneer politieke moorde en ’n sluipmoord op ’n fluitjieblaser ter sprake kom. En dan was daar die vrae oor die beweerde R14 miljoen kontant wat glo ’n jaar voor die sokkertoernooi op Mabuza se plaas buite Barberton gesteel is, maar waarvan ook niks gekom het nie...
Registreer gratis om hierdie artikel te lees.
Hallo! Vrye Weekblad het op 1 Oktober 2022 geskuif van Arena Holdings na die Nuwe Vrye Weekblad Mediagroep. Dit beteken dat ons jou asseblief moet vra om weer ’n lesersprofiel te skep.
Dít sal jou vir Oktober, wat C. Louis Leipoldt nie verniet “die mooiste, mooiste maand” genoem het nie, toegang gee tot alle artikels wat in dié maand gepubliseer is.
Ons hoop dit gee Arena genoeg tyd om alle uitstaande subskripsiegelde aan huidige intekenare uit te betaal.
Van 1 Januarie 2023 sal jy 'n subskripsie uitneem. Maar vir nou is alles mahala! Geniet dit. En dankie dat jy weer met ons is!
Reeds geregistreer? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.
Om kommentaar te lewer op hierdie artikel, registreer (dis vinnig en gratis) of meld aan.
Lees eers Vrye Weekblad se Kommentaarbeleid voor jy kommentaar lewer.