Goeie verduidelikings kan presidente die vernedering van ’n...

‘MENE, MENE, TEKEL, UPHARSIN’

Goeie verduidelikings kan presidente die vernedering van ’n mosie van wantroue spaar

Weens die deurgaanse gebrek aan ’n goeie verduideliking vir die Phala Phala-diefstal is pres. Cyril Ramaphosa reeds geweeg en te lig bevind. ’n Pleit van onkunde het nie vir die artikel 89-paneel gewerk nie en gaan ook nie vir hoofregter Raymond Zondo deug nie, skryf PIET CROUCAMP.

IEWERS gedurende my skooljare aan die Van Rhyn-laerskool in Windhoek het ene meneer Van Zijl my met ’n breë plank bekend as “Ogies” gedreig (daar was twee ronde gaatjies kort duskant die eindpunt van die lang plank): “Jy beter ’n donnerse beter verduideliking as ek hê vir jou afwesigheid by die rugbyoefening.”

My verduideliking was dat ek net eenvoudig van die oefening vergeet en die bus verpas het. Maar dit sou nie as ’n “beter verduideliking” as dié van meneer Van Zijl deug nie en ek beweer toe maar dat ek by die telefoonhokkie moes wag vir ’n oproep van my pa.

Hy het geweet ek het nie ’n pa nie en dat ek lieg. Maar uit deernis – en seker jammerte – gee hy my toe net twee houe met Ogies in plaas van die gewone vier vir wanneer jy ’n rugbyoefening met ’n swak verduideliking mis. Wat meneer Van Zijl my ook al wou leer, geweld het die besef van die waarde van ’n goeie verduideliking by my laat posvat...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.