Is gewildheid genoeg, Cyril?

ANC-PRESIDENTSKAP

Is gewildheid genoeg, Cyril?

Cyril Ramaphosa is die een politieke leier wat ANC-lede sedert oudpres. Nelson Mandela se uittrede meer vertrou het as enige ander politikus. PIET CROUCAMP wonder of dit steeds genoeg is en bepeins die ANC-president se uitdagings ná die komende leierskapsverkiesing – dis nou te sê as Phala Phala hom nie uitknikker nie.

IN 1995 het ek gewerk aan ’n politieke meningspeiling onder studente aan die Universiteit van die Noorde (Turfloop), deesdae die Universiteit van Limpopo. Cyril Ramaphosa – met aansienlik meer steun as Thabo Mbeki – was verreweg die gewildste ANC-leier by die Turfloop-kampus waar Ramaphosa eens ’n regstudent was. 

Die resultate van ons destydse peiling het ooreengekom met die konklusies van byna elke ander nasionale studie die daaropvolgende 28 jaar. Dit is nie verregaande nie om te beweer dat sedert die uittrede van Nelson Mandela, Ramaphosa vir byna drie dekades die een politieke leier was wat ANC-lede meer vertrou het as enige ander politikus.

As ons dus ’n presidensiële kiesstelsel sou gehad het ingevolge waarvan die land se uitvoerende hoof onafhanklik van partypolitieke steun verkies word, sou Ramaphosa waarskynlik elke verkiesing gewen het − al het die ANC ook die nasionale vergadering verloor...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Vrye Weekblad het op 1 Oktober 2022 geskuif van Arena Holdings na die Nuwe Vrye Weekblad Mediagroep. Dit beteken dat ons jou asseblief moet vra om weer ’n lesersprofiel te skep.

Dít sal jou vir Oktober, wat C. Louis Leipoldt nie verniet “die mooiste, mooiste maand” genoem het nie, toegang gee tot alle artikels wat in dié maand gepubliseer is.

Ons hoop dit gee Arena genoeg tyd om alle uitstaande subskripsiegelde aan huidige intekenare uit te betaal.

Van 1 Januarie 2023 sal jy 'n subskripsie uitneem. Maar vir nou is alles mahala! Geniet dit. En dankie dat jy weer met ons is!

Reeds geregistreer? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.