Politieke Notaboek | O, hoe het die RET-helde geval

SY MA SE KOETS

Politieke Notaboek | O, hoe het die RET-helde geval

MAX DU PREEZ skryf oor wie nie met die benoemings vir die ANC se topses-posisies die paal gehaal het nie, en oor die ontmoeting tussen die Britse koning en Cyril Rama-fauza.

SUID-AFRIKA begin stadigaan die ANC se RET-faksie in perspektief sien. Gestroop van raserige retoriek en van 'n groot teenwoordigheid op sosiale media is dié faksie, geskape na die beeld van Jacob Zuma, eintlik nie veel meer as 'n splintergroep nie.

Cyril Ramaphosa is onteenseglik baas van dié plaas. (Sy regte plaas se naam is Phala Phala.)

Dit is goed om nou te onthou dat Ace Magashule kort ná die vorige verkiesing van ANC-leiers in 2017 waar Ramaphosa tot president verkies is, by 'n ANC-funksie met groot selfvertroue belowe het dat dié “fout” in 2022 reggestel sou word. En kyk hoe lyk Ace nou...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Vrye Weekblad het op 1 Oktober 2022 geskuif van Arena Holdings na die Nuwe Vrye Weekblad Mediagroep. Dit beteken dat ons jou asseblief moet vra om weer ’n lesersprofiel te skep.

Dít sal jou vir Oktober, wat C. Louis Leipoldt nie verniet “die mooiste, mooiste maand” genoem het nie, toegang gee tot alle artikels wat in dié maand gepubliseer is.

Ons hoop dit gee Arena genoeg tyd om alle uitstaande subskripsiegelde aan huidige intekenare uit te betaal.

Van 1 Januarie 2023 sal jy 'n subskripsie uitneem. Maar vir nou is alles mahala! Geniet dit. En dankie dat jy weer met ons is!

Reeds geregistreer? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.