Spesiale verslag | Verpleegdienste op die rand van ’n afgrond

DRASTIESE INGRYPING NODIG

Spesiale verslag | Verpleegdienste op die rand van ’n afgrond

Suid-Afrika se enorme en steeds groeiende tekort aan verpleegkundiges maak ’n siek grap van ’n hersenskim soos die beoogde nasionale gesondheidsversekering. Dít terwyl die statutêre verpleegraad en die minister van gesondheid skynbaar doof is vir die loeiende sirenes, skryf MARÍ HUDSON.

SELFS onmiddellike en drastiese ingryping – waarvan daar nog geen sprake is nie – gaan nie ’n ramp kan afweer nie, dalk net die omvang daarvan beperk. Teen 2030 sál baie van Suid-Afrika se staatshospitale leeg staan of dalk deur plakkers bewoon word. In dié wat nog in gebruik is, sal donker sale met leë en ongebruikte beddens ’n algemene gesig wees.

Privaat hospitale – as hulle teen daardie tyd nie reeds deur die mislukkende nasionale gesondheidsversekeringstelsel (NGV) verswelg is nie – sal oorvol wees, met geen kans op uitbreiding nie. Pasiënte se veiligheid, wat nou reeds in baie staatshospitale in die gedrang is, sal onder selfs groter druk wees. Nog meer en groter eise weens nalatigheid, wat reeds enorm is en in sommige provinsies op pad is om die provinsiale gesondheidsbegroting te oorskry, sal volg.

Die onvermydelike werklikheid is dat Suid-Afrika afstuur op ’n tekort aan tussen 131 000 en 162 000 verpleegkundiges binne die volgende agt jaar...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Vrye Weekblad het op 1 Oktober 2022 geskuif van Arena Holdings na die Nuwe Vrye Weekblad Mediagroep. Dit beteken dat ons jou asseblief moet vra om weer ’n lesersprofiel te skep.

Dít sal jou vir Oktober, wat C. Louis Leipoldt nie verniet “die mooiste, mooiste maand” genoem het nie, toegang gee tot alle artikels wat in dié maand gepubliseer is.

Ons hoop dit gee Arena genoeg tyd om alle uitstaande subskripsiegelde aan huidige intekenare uit te betaal.

Van 1 Januarie 2023 sal jy 'n subskripsie uitneem. Maar vir nou is alles mahala! Geniet dit. En dankie dat jy weer met ons is!

Reeds geregistreer? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.