Hoe dit is om ’n gereelde besoeker aan ’n hospitaal te wees...

'N OEFENING IN SUIWER ANGSTIGHEID

Hoe dit is om ’n gereelde besoeker aan ’n hospitaal te wees in November 2021

Vrees, paniek, hoop, verligting, ongeloof – en die skrikbeeld van die ‘onvermydelike’ vierde vlaag wat dreigend opdoem in kompulsief gesaniteerde gange. SARAH BUITENDACH vertel.

MY pa is al die afgelope drie weke in die intensiewesorgeenheid in die Life Flora-hospitaal in Johannesburg. Ondanks die wonderbaarlike werk wat die fantastiese en gawe dokters gedoen het, was die laaste 14 dae 'n oefening in suiwer angstigheid. 

Baie van julle is dalk bekend met die wipwaentjie van emosies waardeur 'n baie siek persoon se geliefdes gaan. Vrees, paniek, hoop, verligting, ongeloof – jy kan binne minute soos 'n klimtol deur hulle almal gaan. Dis uitputtend en as die wêreld van munisipale verkiesings en rugbywedstryde aangaan buite jou nuwe realiteit van pype en masjiene, raak 'n mens gedisoriënteerd. 

Jy bou bande met die ander families wat jy by die deur van die eenheid aantref, jy word 'n kenner van tegniese mediese terme, en in November 2021 bedank jy die gode dat jou persoon nie siek is tydens 'n Covid-vlaag nie, so jy kan hulle darem besoek...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.