Live Aid, Vax Aid: Rockers loop voor

ROCK EN VERANTWOORDELIKHEID

Live Aid, Vax Aid: Rockers loop voor

Rocksterre is in sy jeug nou nie eintlik gesien as rolmodelle wat die ‘goeie boodskap’ uitdra nie, vertel DOUW STEYN. Hy het egter ’n ander siening en vertel van ’n hedendaagse veelbekroonde muso wat die musiekbedryf in Amerika op die herstelpad plaas.

BOEKE en musiek, en meer bepaald rock in sy vele gedaantes, het my lewensuitkyk disproporsioneel beïnvloed. Ten spyte daarvan het ek weinig begeerte om die skeppers van dié kunsvorms in lewende lywe te ontmoet. En die gevoel is sekerlik wedersyds.

Soms as ek ’n biografie neersit, voel ek lus om die kunstenaar te kanselleer. Sommige van hulle is nare karakters, maar die samelewing sal armer wees sonder hulle kuns. Daar moet ’n ander manier wees om jou afkeur te toon. Moet net nie hulle musiek wegneem nie.

Rock is sinoniem met anti-establishment, maar met ’n goeie skeut sosiale geregtigheid en as stryders vir ’n meer omgee-samelewing. As gevolg van die samevoeging van swart en wit musiekstyle het die eksponente van hierdie kunsvorm segregasie teengestaan en bygedra om veral swart Amerikaners se invloed te erken en te vier. Dit het ook saamgeval met die teenstand teen die Viëtnam-oorlog en die stryd vir burgerregte...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.