Afrikanermagnate: Wat is dit wat hulle suksesvol maak?

AFRIKANERS IS PLESIERIG

Afrikanermagnate: Wat is dit wat hulle suksesvol maak?

Ryk Afrikaners is nie ’n nuwe verskynsel nie. Selfs rondom 1700 was daar al ’n aantal welvarende mense aan die Kaap. DOUW KRÜGER bekyk Ebbe Dommisse se nuwe boek, Fortuine, van nader, waarin jy kan lees oor almal en alles van Henning Hüsing van Meerlust-faam, Jannie Marais en Sir David Graaff tot Whitey Basson, die Ruperts, Christo Wiese, Koos Bekker, Sanlam, Santam, Absa, Pep Stores, OK Bazaars, Checkers, Shoprite ... en vele meer.

DIE joernalis en skrywer Ebbe Dommisse se boek Fortuine: Die wel en wee van Afrikanermagnate fokus op die suksesse en uitdagings van die 21ste eeu se Afrikanermagnate. Die inleiding van die boek mag dalk die indruk skep dat Afrikaners eers ná 1994 sakeryke begin opbou het, maar ek dink nie dit was die bedoeling nie. Dit beklemtoon wel dat die nuwe Suid-Afrika ’n fokusverskuiwing by Afrikaners gestimuleer het.

Dit is seker debatteerbaar of daar werklik ’n groot kultuurverandering ná 1994 ingetree het en of dit die voortsetting was van ’n proses wat reeds momentum gehad het. Die tradisionele arbeidsgeleenthede wat baie Afrikaners voorheen benut het, het wel begin opdroog en buitelandse markte het meer toeganklik vir Suid-Afrikaners geraak. Dit stimuleer entrepreneurskap.

Ryk Afrikaners is nie ’n nuwe verskynsel nie. Rondom 1700 was daar al ’n aantal welvarende mense aan die Kaap. Dommisse verwys na Henning Hüsing wat ná sy ontslag as soldaat as plaaskneg begin werk het en via vleiskontrakte die kapitaal opgebou het om later die spogplaas Meerlust te kon ontwikkel. Dit is maar een voorbeeld. Uit Adam Tas se dagboek blyk dit ook dat sommige mense in daardie tyd ’n baie weelderige lewe gelei het. Byna elke dag rondgeslenter, by mekaar ingeloer en saam pypies gerook en drankies gedrink. In Het Dagboek van Adam Tas beskryf Tas byvoorbeeld hoe hy Dinsdag 23 Junie 1705 deurgebring het:..

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.