KARL MARX het met sy materialistiese beskouing van die geskiedenis die gedagterigting onderskryf dat die ontwikkeling van samelewings deur bepaalde stadia moet gaan. Daar is ’n definitiewe evolusionêre element aan hierdie vordering. Net soos ’n saadjie nie onmiddellik vrugte kan dra nie, maar eers moet ontkiem en deur verskillende stadia ontwikkel, volg die samelewing dieselfde patroon. ’n Stadium kan nie oorgeslaan word nie. Daar moet eers ’n industriële kapitalistiese samelewing wees voordat ’n sosialistiese beskawing suksesvol gevestig kan word.
Ons was volgens hierdie beskouing aanvanklik ’n stamsamelewing of in ’n staat van primitiewe kommunisme, waar almal saamgewerk het en daar nie sprake van privaat eienaarskap was nie. In die Kommunistiese Manifes beskryf Marx en Friedrich Engels die opvolgende stadia soos volg: “In ancient Rome we have patricians, knights, plebeians, slaves; in the Middle Ages, feudal lords, vassals, guild-masters, journeymen, apprentices, serfs; …” Dié stadia is weer gevolg deur merkantilisme, wat ook die era van imperialisme ingelui het.
Die laaste era voor die sosialistiese utopie bereik gaan word, is kapitalisme. Of as ons dan by die Kommunistiese Manifes se terminologie wil hou: die moderne bourgeois samelewing. Volgens Marx en Engels was die een positiewe aspek wat hieruit gevloei het, benewens natuurlik die onafwendbaarheid daarvan, dat die klassestryd vereenvoudig is. En vir kommuniste gaan die geskiedenis in wese oor die klassestryd. Dié stryd sou voortaan slegs tussen twee klasse wees: die bourgeoisie en die proletariaat...
Registreer gratis om hierdie artikel te lees.
Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.
Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.
Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.
Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.
WAARSKUWING VIR DIE PROLETARIAAT EN DIE BOURGEOISIE
Revolusie: Honger en desperate mense het nie ’n kommunistiese intelligentsia nodig nie
Die vraag is waarom kapitalisme en in Suid-Afrika spesifiek witmonopoliekapitaal steeds vir die wêreld se probleme geblameer word, skryf DOUW STEYN.
Deel
KARL MARX het met sy materialistiese beskouing van die geskiedenis die gedagterigting onderskryf dat die ontwikkeling van samelewings deur bepaalde stadia moet gaan. Daar is ’n definitiewe evolusionêre element aan hierdie vordering. Net soos ’n saadjie nie onmiddellik vrugte kan dra nie, maar eers moet ontkiem en deur verskillende stadia ontwikkel, volg die samelewing dieselfde patroon. ’n Stadium kan nie oorgeslaan word nie. Daar moet eers ’n industriële kapitalistiese samelewing wees voordat ’n sosialistiese beskawing suksesvol gevestig kan word.
Ons was volgens hierdie beskouing aanvanklik ’n stamsamelewing of in ’n staat van primitiewe kommunisme, waar almal saamgewerk het en daar nie sprake van privaat eienaarskap was nie. In die Kommunistiese Manifes beskryf Marx en Friedrich Engels die opvolgende stadia soos volg: “In ancient Rome we have patricians, knights, plebeians, slaves; in the Middle Ages, feudal lords, vassals, guild-masters, journeymen, apprentices, serfs; …” Dié stadia is weer gevolg deur merkantilisme, wat ook die era van imperialisme ingelui het.
Die laaste era voor die sosialistiese utopie bereik gaan word, is kapitalisme. Of as ons dan by die Kommunistiese Manifes se terminologie wil hou: die moderne bourgeois samelewing. Volgens Marx en Engels was die een positiewe aspek wat hieruit gevloei het, benewens natuurlik die onafwendbaarheid daarvan, dat die klassestryd vereenvoudig is. En vir kommuniste gaan die geskiedenis in wese oor die klassestryd. Dié stryd sou voortaan slegs tussen twee klasse wees: die bourgeoisie en die proletariaat...
Registreer gratis om hierdie artikel te lees.
Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.
Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.
Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.
Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.
Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.
Deel
Deel
Volgende artikelDouw Steyn
SkrywerDouw is nie ’n kenner, sosiale aktivis of kampvegter nie. Hy skryf soms oor dit wat hom interesseer.