Covid in Taiwan: van pandemie-suksesstorie tot die Lion King,...

SELFVOLDANE BORREL BARS

Covid in Taiwan: van pandemie-suksesstorie tot die Lion King, sexy tee, en China

Maande lank was Taiwan die groot suksesstorie in die wêreldwye pandemie, maar die kaartehuis het skielik in April inmekaargetuimel. Wat het skeefgeloop voordat die skip weer op koers gebring is? HENNIE MALAN skryf oor die entstofoorlog met China, 'n gebrek aan komplotters en groot, magtelose hartseer.

’n VOLLE 253 dae lank was als net mooi dooddollies hier in Taiwan. Daar was ’n aura van selfvoldaanheid in die lug. Male sonder tal was die trant van die meeste aanknopingsgesprekke in restaurante en by huispartytjies in Taipei: “Is ons nie gelukkig om juis nou in Taiwan te wees nie? Ek wil nie nou in Suid-Afrika (of watter land ook al jou herkoms is) wees nie.”

Ons expats hier het saam met ons maskervoos families en vriende by die huis asem opgehou soos die Covid-19-syfers skrikwekkende afmetings in ander lande aangeneem het. Maar sodra ons ons koebaais oor die foon gesê het, het ons hier in ’n bykans Covid-19-vrye Taiwan sorgvry aangegaan, sonder enige grendeltye en aandklokke. Ons was op kantoor, aan die oefen in gims, en dan weer uit vir nog ’n lekker kuieraand by ’n gunstelingrestaurant – met ’n selftevrede klop op die skouer, want Taiwan was die virus een voor.

Wie in daardie stadium eintlik ’n klop op die skouer moes kry, was ’n baie parate Taiwannese regering. Gesondheidsowerhede hier het die versiendheid gehad dat iets groots aan die kom is met die eerste geluide oor ’n uitbreking van ’n Sars-tipe-virus in Wuhan, China. Met die harde lesse van die die Sars-epidemie van 2003 nog vars in die geheue, saam met ’n diepgesetelde wantroue van ’n bullebak-moondheid aan die ander kant van die Straat van Taiwan, wou Taiwan nie wéér onkant gevang word nie sou daar waarheid steek in die gerugte van ’n nuwe dodelike virus. Sars het ook laas in China uitgebreek...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.