Klip in die bos | Minister, Afrikaans hoort hier!

MEER AS NET NOG 'N TAAL

Klip in die bos | Minister, Afrikaans hoort hier!

Om te sê Afrikaans is nie 'n inheemse taal nie, is om Afrikaanssprekende Suid-Afrikaners (Afrikaners, bruin mense en swart mense wat die taal praat) van hul identiteit te beroof, skryf JOSHWIN SAMPSON.

DIE afgelope paar weke is ek op Facebook oorval deur nuus oor die herkoms en die status van Afrikaans in Suid-Afrika. Aanvanklik het ek net deur dit gegliplees met die idee dat dit mettertyd heeltemal uit my gedagtes gewis gaan word, maar hoe meer ek die sogenaamde kontroversiële onderwerp op voorblaaie en op lamppale vermy het, hoe meer het ek besef hoe diep dit my eintlik ontstel.

Met dié dat alles deesdae so verengels word in amper elke sektor en sfeer, veral in skole en universiteite waar die vooruitgang van hierdie taal bevorder moet word, het die idee dat Afrikaans in gevaar is al lankal by my geregistreer; ek wou dit net nie aanvaar nie. Die doel van dié skrywe is dus om 'n teenargument te bied vir die opspraakwekkende stelling onlangs deur die minister van hoër onderwys, Blade Nzimande, dat Afrikaans nie 'n inheemse taal is nie. 

As daar na die geskiedenis van Afrikaans gekyk word, is dit duidelik dat Afrikaans 'n mengelmoes van verskillende tale is wat bydra tot die kleurryke kenmerke van die taal. Die taal is 'n dialek van Nederlands wat leenwoorde uit tale bevat wat afkomstig is van Indonesië, Portugal, Maleisië en selfs uit die taal wat deur die Khoe en San gepraat word. Hierdie dialek is geskep deur die slawe van verskillende etniese agtergronde wat in die kombuise van die Hollanders in die Kaap gewerk het. ..

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.