Inenting: Fopnuus is nie die probleem nie. Jou ‘tribe’ is.

VERSIGTIG OM TE ETIKETTEER

Inenting: Fopnuus is nie die probleem nie. Jou ‘tribe’ is.

Ons het blykbaar ’n geneigdheid om selektief bewyse te aanvaar of te verwerp na gelang van die groep waarvan ons deel is. DOUW STEYN wonder oor die wisselwerking hiervan met fopnuus.

DISINFORMASIE, samesweringsteorieë en slenternuus word links en regs blameer vir die skynbare teësinnigheid om teen Covid-19 ingeënt te word. Tussen die lyne lees ek dat dit veral my volkie is wat so deur die bangmaakstories op hol gejaag word. Val eerder vir vals profete en ivermektien.

Maar is dit werklik so eenvoudig?

’n Studie gebaseer op data van die National Income Dynamics Study – Coronavirus Rapid Mobile Survey (Nids-Cram (https://cramsurvey.org/reports/#wave-3)) gepubliseer op 12 Mei 2021 toon dat 42% van Afrikaanssprekendes blykbaar versigtig is om ingeënt te word. Dit is beduidend hoër as die Suid-Afrikaanse gemiddelde van 29%. Daar is wyd oor dié bevinding berig. Sommige kommentators het die sprong gemaak en berig dat 42% “wit Afrikaners” nie die entstof gaan neem nie. Kan jy dit glo?!..

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Vrye Weekblad het op 1 Oktober 2022 geskuif van Arena Holdings na die Nuwe Vrye Weekblad Mediagroep. Dit beteken dat ons jou asseblief moet vra om weer ’n lesersprofiel te skep.

Dít sal jou vir Oktober, wat C. Louis Leipoldt nie verniet “die mooiste, mooiste maand” genoem het nie, toegang gee tot alle artikels wat in dié maand gepubliseer is.

Ons hoop dit gee Arena genoeg tyd om alle uitstaande subskripsiegelde aan huidige intekenare uit te betaal.

Van 1 Januarie 2023 sal jy 'n subskripsie uitneem. Maar vir nou is alles mahala! Geniet dit. En dankie dat jy weer met ons is!

Reeds geregistreer? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.