Etniese en kulturele mobilisering – of is dit kaping?

KLIM BETYDS AF VAN DAAI TREIN

Etniese en kulturele mobilisering – of is dit kaping?

Mobilisering onder die vaandel van nasionalisme, patriotisme of etnisiteit werk dikwels soos ’n vloed, skryf DOUW KRÜGER. Dit oorweldig en sleur na die afgrond mee.

NÁ die grootskaalse strooptogte en vandalisme drie maande gelede is die term etniese mobilisering dikwels gehoor. Dis ’n ding met baie kante en hoeke. Dis moeilik om ná die lees van iets oor hierdie onderwerp net ja of nee te sê en te gaan grassny. Jou kop gaan soek nog voorbeelde, uitsprake, katastrofes en persoonlikhede en plaas hulle iewers in die prentjie.

Etniese bewustheid, kulturele diversiteit, volkstrots, vaderlandsliefde en al die ander verwante begrippe werk byna soos skaaptjops. Dit lyk goed, ruik goed en smaak lekker. Almal om die vuur voel goed. Maar dit het sy plek. Te veel daarvan, veral met ’n dik strook vet, maak jou lyf dik en verstop jou are. Soos wat enige -isme maar doen. En net soos met kos, ontken dié wat dit oordoen meestal hul overdaad.

Wanneer mense uit verskillende agtergronde of hoeke oor etnisiteit en volksake en kultuur begin gesels, dan is die gemeenskaplike grond – waar mens oor die beginsels praat – groter as wat jy sou dink. As ’n AfriForum-lid, ’n Sandton-man, my (bruin) oudkollega Allan en ek oor etnisiteit en kultuur gesels (in Engels, ja), sou ons dalk oor ’n groot deel van die teoretiese aspekte saamstem en heel beskaaf met mekaar omgaan. Totdat een van ons dink hy hoor ’n vals noot...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.