Maar dokter, waarom is jou hande so groot?

AL DIE SPESIES SPESIALISTE

Maar dokter, waarom is jou hande so groot?

Word jy ’n chirurg omdat jy mal is oor sportmotors? Of 'n internis omdat jy 'n filosoof is wat geduldig legkaartstukke bymekaar sit? Laat allergie-spesialiste se katte hulle oë water? MARÍ HUDSON pas die persoonlikheid by die spesialis en vind die engele.

ANDERS as gewoonlik is dié artikel van my nie gegrond op wetenskap en waarheid nie; om die waarheid te sê, praat ek dalk kol-kol onverdunde twak, maar hier is dit: Ek dink elke spesialisveld lok ’n dokter met ’n bepaalde persoonlikheid.

In my dekades lange loopbaan as mediese joernalis het ek al te veel kongresse om te onthou hier en in die buiteland bygewoon. Daar was byvoorbeeld die een in Parys wat meer as 34,000 kardioloë van oor die wêreld gelok het. Dis meer as die totale getal dokters in die hele Suid-Afrika. Ná so baie kongresse kon ek later bloot op grond van die medici wat dit bywoon, raai watter dissipline aan’t konfereer was.

Ek het die verskillende spesies spesialiste leer ken en tot die slotsom gekom dat die dissipline die persoonlikheid kies en die persoonlikheid die dissipline kies. (Ter wille van vrywaring teen moontlike vervolging noem ek net dat die reël van dié storie is dat daar baie uitsonderings op elke reël is.)..

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.