Onteieningswetsontwerp: Dis regtig nie so erg soos dit lyk nie

HISTERIE (MEESTAL) ONGEGROND

Onteieningswetsontwerp: Dis regtig nie so erg soos dit lyk nie

Dis belangrik om te verstaan dat die Wetsontwerp op Onteiening Sonder Vergoeding nie so erg is soos dit in hoofopskrifte voorgehou word nie, maar die deurslag lê soos gewoonlik in die toepassing daarvan, skryf ANN BERNSTEIN.

  • 21 April 2021
  • Vrye Denker
  • 7 min om te lees
  • artikel 5 van 7
  • Ann Bernstein

VIR 'n land wat desperaat op soek is na hoër vlakke van belegging om volhoubare groei aan die gang te sit, is die wetsontwerp oor onteiening sonder vergoeding en die hoofopskrifte oor die parlementêre konsultasieproses nie op 'n slegter tyd gekom het nie. 

Die mediadekking van die wetsontwerp laat dit lyk soos 'n groot golf van diefstal en plundering wat oor ons gaan breek wanneer amptenare reg oor die land hulle onteieningsmagte gaan gebruik om mense van allerhande bates te ontneem, nie net grond nie. 

Geen belegger sal hulpbronne toewys aan 'n belegging wat eers oor tyd betaal as daar 'n werklike risiko is dat 'n amptenaar met 'n onteieningsbevel aan hulle voordeur gaan kom klop nie. Die wetsontwerp kan dalk verdere skade aan ons reeds lae beleggingsvlakke berokken. Dit was dus die slegste moontlike tyd vir die land om sy onteieningsplan te hersien. ..

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.