Frederik de Jager, op ’n fiets êrens heen

ONDERWEG

Frederik de Jager, op ’n fiets êrens heen

Die voormalige uitgewer Frederik de Jager se eerste boek is 'n ‘verskuilde outobiografie', skryf DEBORAH STEINMAIR. ‘Die kollig val op ander mense maar in die negatiewe ruimtes, tussen die reëls, loer die skaam, sensitiewe seun vol opinies om die hoek.'

TOE ek jonk was, het ek The Words gelees; Jean-Paul Sartre se outobiografie oor sy eerste tien lewensjare. Hy skryf oor selfbewustheid en hoe verontwaardig hy was toe hy die dag uitvind hy is nie mooi nie – as kleuter het sy ma hom laat glo hy is beeldskoon; sy het sy hare in lang lokke gedraai en hom soos 'n prinsie aangetrek. Jean-Paul was 'n briljante maar lelike bliksem; kort, bakbeen, bysiende en soetskeel.

Frederik de Jager, daarenteen, het 'n belangrike, mooi kop, soos Beethoven. 'n Kop vol los krulle en die oë van 'n dromer en 'n lieferd. Ek sien hom reeds jare uit die hoek van my oog; aan die rand van geselskappe aan die waarneem. 'n Gevoelige introvert, was my opsomming. 'n Man van woorde, geskrewe woorde. Ons het lank uitgesien na sy boek.

Sy eerste boek is 'n verskuilde outobiografie. Die kollig val op ander mense – Jan Rabie, Mal Maria die klawerkoningin, die paartjie onder die brug, die Eiervrou, Heilige David – maar in die negatiewe ruimtes, tussen die reëls, loer die skaam, sensitiewe seun vol opinies om die hoek. 'n Mooi seun met 'n vlasblonde mopkop en blou oë. 'n Buitestander wat sy klavierlesse staak eerder as om gespot te word, want assosiasie met die onderwyser wat hom totaal oorgegee het aan die koestering en eise van musiek, was sosiale selfdood...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.