Die verterende vuur wat selfs die spoke van die After 1652s voor ...
KAAP VAN VLAMME
Die verterende vuur wat selfs die spoke van die After 1652s voor hom uitjaag
Bring die petrol, dan cleanse ons sommer die res ook, skryf opgesweepte mense, maar hulle weet niks van die kraak in die dik vestingmuur wat iemand alléén daar moes gaan maak nie. Deur ANASTASIA DE VRIES.
AS sy geweet het sy sou tot 20 outydse hale met die kats gevonnis word, sou sy steeds skryf wat sy geskryf het. Dis die rebel in haar, sien. Dis immers wat haar daar uitgebring het toe die res van ons na tersiêre instellings is wat vir ons “gereserveer” is.
Toe lees sy die kampus brand. Die biblioteek. Dis verskriklik, skryf sy op haar muur, die bib; haar hart bloei. Toe word sy tot in die soveelste geslag onder haar ma se rokke uit gevloek en vervloek. En die volk kies kant, stel hul linies op. Die verdeellyne skiet van die as af waarop hulle draai. Die pyn van die verlede, die pyn van nou, en alles tussenin. Woord en wederwoord.
Ai, ai, wat weet julle “After 1652s” tog, betig ’n kollega haar in keurige Engels. Kan sy nie sien dis ’n “cleansing” dié nie, dat die natuur ons bevry van ’n koloniale juk? Goed gestel, gil ’n trawant in soveel uitroeptekens as wat hy kon. “Bring die petrol, bring die paraffien, dan cleanse ons sommer die res. Maar vergeet van die After 1652s. Uitverkopers, meelopers, die hele lot van hulle.” Ja, kom dit van ’n ander, brand af, ons sal alles weer opbou, soos altyd, en julle sal die stene lê soos altyd, soos dit hoort. En. En. En. ..
Registreer gratis om hierdie artikel te lees.
Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.
Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.
Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.
Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Deel

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.
Verwante Artikels
Die Da Vinci van Ravensmead
’n Vrou moet doen wat ’n vrou moet doen
Met woorde soos met wonde
Vistermanstories
Die vrou wat met haar oë praat
Die klank van lag
’n Lewe sonder antie Siv
Deel
Deel
Volgende artikelAnastasia de Vries
Bydraende redakteurAnastasia is dosent aan die Universiteit van Wes-Kaapland, skryf soms, haar hartsgrond is in Ravensmead se lane en sy is mateloos verlief op haar studente, veral die eerstejaars.