TOE Knowledge Sibandze een Sondagoggend in Februarie opstaan om ’n vergadering van sy ANC-tak in Mpumalanga by te woon, het hy nie gedink hy sou later die dag amper dood wees nie.
“Dis skrikwekkend om deesdae ’n lid van die ANC te wees,” het hy ’n paar dae later uit sy hospitaalbed aan die joernalis Mandla Khoza gesê. “Wanneer jy na ’n vergadering gaan, loop jy die risiko om geslaan, gesteek of geskiet te word, of selfs doodgemaak te word.”
Sibandze was relatief gelukkig; hy is net in die been geskiet. Die laaste tyd is vyf mense in sy provinsie dood toe boewe geweld gebruik het om te keer dat takke die “verkeerde” kandidate vir leierskapsposisies in die provinsiale verkiesingskonferensies benoem...
Slegs Vrye Weekblad-intekenaars kan hierdie artikel lees.
Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud. Daar is ’n spesiale tarief vir pensioenarisse.
Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
Het jy ’n intekenbewys? Gebruik dit nou.
Vrae of probleme?
E-pos hulp@vryeweekblad.com of skakel 0860 52 52 00.