Tannie Koekie en die gebed vir Fatima

’N NUWE LEWE

Tannie Koekie en die gebed vir Fatima

Dis ’n groot sprong om ná ’n egskeiding en 35 jaar op ’n plaas in ’n voorstedelike estate te beland. GIELIE HOFFMANN vertel van reënboogbure wat sy ma se landing sagter help maak het.

DIT is my ma se intreknaweek vroeg in Desember. Ná 35 jaar op die plaas skei sy en my pa se paaie en woon sy nou vir die eerste keer in ’n voorstad. Of, die moderne weergawe daarvan, ’n estate.

Toe dit duidelik word dat die huwelik op die rotse is, het ek gedoen wat ons familie altyd in ’n krisis doen: planne gemaak en prakties geraak. So ’n uur ná die finale besluit is ek reeds besig om met die eiendomsagent te kommunikeer.

My ma het nog iets van “aftreeoord” gemompel, maar ek het net gesê sy moet nie nou simpel wees of ’n slagoffer word nie, dis dodelik onaantreklik. Sy kort ’n huis met genoeg plek wat veilig is en ’n bedding of twee het en jong mense wat om haar woon...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.