POLITIEKE NOTABOEK | Staan die R in RET dalk vir Rusland, of...

ANC SE D-DAG?

POLITIEKE NOTABOEK | Staan die R in RET dalk vir Rusland, of vir Renamo?

MAX DU PREEZ kry snuf in die neus oor ’n moontlike Russiese konneksie met die Zuma-oproer, wonder hoe dit met adjunkpresident David Mabuza in sy roskoshnaya villa gaan, en skryf oor Fikile Mbalula en Ernst Roets se onderhoude op internasionale televisie.

DIE RET-faksie van die ANC is dalk grootliks as ’n nasionale politieke faktor verslaan, maar die beweging se leiers gaan aanhou om die pot te roer – en die verset se Zoeloe-karakter word al hoe duideliker.

’n Memorandum van die polisiehoofkantoor waarsku dat daar planne is om polisiekantore en wapenstoorplakke in KZN aan te val om wapens en ammunisie buit te maak. (Ek hoor daar is kommer in senior ANC-kringe oor polisiemanne in die provinsie wie se lojaliteit aan die Zuma-kamp dalk hulle optrede kan beïnvloed.)

Die kantoor van die hoofregter het ’n memorandum aan howe gestuur waarin melding gemaak word van ’n stemnota wat op sosiale media versprei word wat die sluipmoorde op regters en aanvalle op howe aanmoedig...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.