Die geheime tronk-selfoon waarmee loskoopgeld onderhandel word

DIE ONTVOER-EKONOMIE

Die geheime tronk-selfoon waarmee loskoopgeld onderhandel word

Met die ontvoering van ’n sesjarige meisie van Vanderbijlpark in 2019 is ’n omvattende soektog van stapel gestuur. Dit was die selfoonoproepe van die ‘ontvoerders’ wat ’n belangrike leidraad al die pad tot in die Kgosi Mampuru-gevangenis in Pretoria opgelewer het. Dié selfoon in die tronk is steeds aktief, maar aan wie dit behoort, is onbekend. ERIKA GIBSON het die intrige probeer ontrafel.

DIE ontvoering van ’n sesjarige meisie van Vanderbijlpark nadat sy een oggend in September 2019 pas deur haar ma by haar skool afgelaai is, het die land aangegryp. Dit was die selfoonoproepe van die “ontvoerders” om oor ’n losprys vir haar vrylating te onderhandel wat ’n belangrike leidraad al die pad tot in die Kgosi Mampuru-gevangenis in Pretoria opgelewer het. Dié selfoon in die tronk is steeds aktief, maar aan wie dit behoort, is onbekend.

Die intrige oor die betrokkenes en die baasbrein wat die ontvoering uitgedink het, het reeds twee jaar gelede in die Gautengse hooggeregshof wat in Palm Ridge gesit het, sy klimaks bereik.

Die vier beskuldigdes – Tharina Human, Laetitia Nel, Pieter Jacobus van Zyl en Bafokeng Molemohi – is skuldig bevind aan ontvoering en poging tot afpersing nadat hulle ’n pleitooreenkoms met die staat bereik het. ..

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.