WIE het ooit kon droom dat drie dekades nadat Vrye Weekblad die woorde “Ek was in die hart van die hoer” op sy voorblad uitgebulder het, ek steeds oor Dirk Coetzee sou skryf?
’n Massamoordenaar, ’n skobbejak. En, toe ek hom leer ken het, ’n werklose niksnuts. My woordeboek het nie genoeg sinonieme om geregtigheid te laat geskied aan dié gewese bevelvoerder van die apartheidspolisie se moordbende op Vlakplaas nie.
Hy is begrawe in die skande-akker van ons geskiedenis saam met ander skobbejakke en politieke melaatses soos Magnus Malan, PW Botha, Louis le Grange en Jimmy Kruger. Hy sal waarskynlik veral onthou word vir hoe hy en sy handlangers die liggame van hul slagoffers op motorbande verbrand het terwyl hulle brandewyn-en-Coke gedrink en vleis gebraai het...
Registreer gratis om hierdie artikel te lees.
Hallo! Vrye Weekblad het op 1 Oktober 2022 geskuif van Arena Holdings na die Nuwe Vrye Weekblad Mediagroep. Dit beteken dat ons jou asseblief moet vra om weer ’n lesersprofiel te skep.
Dít sal jou vir Oktober, wat C. Louis Leipoldt nie verniet “die mooiste, mooiste maand” genoem het nie, toegang gee tot alle artikels wat in dié maand gepubliseer is.
Ons hoop dit gee Arena genoeg tyd om alle uitstaande subskripsiegelde aan huidige intekenare uit te betaal.
Van 1 Januarie 2023 sal jy 'n subskripsie uitneem. Maar vir nou is alles mahala! Geniet dit. En dankie dat jy weer met ons is!
Reeds geregistreer? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.
Om kommentaar te lewer op hierdie artikel, registreer (dis vinnig en gratis) of meld aan.
Lees eers Vrye Weekblad se Kommentaarbeleid voor jy kommentaar lewer.