OP 24 November 2017 kondig ANN7 – oftewel Gupta-televisie – aan dat die aktualiteitsprogram Straight Talk dié aand ’n onderhoud met Richard Mdluli gaan doen waarin hy “Paul O’Sullivan, Gerrie Nel, AfriForum en Jacques Pauw gaan ontbloot”.
Mdluli was destyds op die punt om op vervroegde pensioen te gaan nadat hy ses jaar by die huis gesit het ná sy skorsing vroeg in 2012. Hy is in dié tyd R8.3 miljoen aan salaris, voordele en bonusse betaal. Hy het onder meer ’n “prestasiebonus” van R400,000 in sy sak gesteek.
Toe die destydse minister van polisie, Fikile Mbalula, twee maande later Mdluli se vervroegde pensioen aangekondig het, was dit met volle pensioenvoordele en ’n goue handdruk. ..
Registreer gratis om hierdie artikel te lees.
Die meeste van ons artikels is slegs vir ons intekenaars, maar hierdie een is gratis solank jy registreer.
Reeds geregistreer? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
Vrae of probleme?
E-pos hulp@vryeweekblad.com of skakel 0860 52 52 00.
Karaktermoordenaars in diens van staatskaping