WAYNE BARKER het niks teen banke of Boere nie, maar dit pIa hom dat 32 “Pierneef-meesterwerke" – soos die fees se persmededeling dit stel – by die Grahamstad-fees ten toon gestel word. Sulke tentoonstellings sit die legende van Pierneef as “Boer", “kulturele held" en “Suid-Afrika se beste landskapkunstenaar" voort sonder om die mites te bevraagteken, sê Barker.
Dié enfant terrible van die Johannesburgse kunswêreld is al die laaste vier jaar behep met Jacob Hendrik Pierneef, wie se hoekige landskappe die meeste wit Suid-Afrikaners se kulturele opvoeding deurdrenk.
Barker se beginpunt is dikwels 'n Pierneef-skildery wat hy sommer self namaak – “It feels like you are climbing up your own arsehole" – en dan begin hy die werk stelselmatig afbreek. Verbruikersikonografie wat bepaald met die werkersklas verband hou, word op die oppervlak aangewend om sodoende die skilder se geïdealiseerde werklikheid teen te werk. Jasper Johns se pop-teiken, politoer-borsels, grawe, “kulturele wapens", en karsinogeniese handelsprodukte wat swart mense gebruik om hul vel ligter te maak druis almaI in teen die “skoonheid" van Pierneef se geliefde land. Ironiese titels soos Exploit Your Talents en A Spade is a Spade is a Spade dui op Barker se kritiese afstand teenoor die kunstenaar wat beskou word as die oupagrootjie van alle Suid-Afrikaanse kunstenaars...
Registreer gratis om hierdie artikel te lees.
Hallo! Vrye Weekblad het op 1 Oktober 2022 geskuif van Arena Holdings na die Nuwe Vrye Weekblad Mediagroep. Dit beteken dat ons jou asseblief moet vra om weer ’n lesersprofiel te skep.
Dít sal jou vir Oktober, wat C. Louis Leipoldt nie verniet “die mooiste, mooiste maand” genoem het nie, toegang gee tot alle artikels wat in dié maand gepubliseer is.
Ons hoop dit gee Arena genoeg tyd om alle uitstaande subskripsiegelde aan huidige intekenare uit te betaal.
Van 1 Januarie 2023 sal jy 'n subskripsie uitneem. Maar vir nou is alles mahala! Geniet dit. En dankie dat jy weer met ons is!
Reeds geregistreer? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.
Om kommentaar te lewer op hierdie artikel, registreer (dis vinnig en gratis) of meld aan.
Lees eers Vrye Weekblad se Kommentaarbeleid voor jy kommentaar lewer.