ONS was al drie amper in ons 30’s toe ons ons oupa verloor het.
Toe ons klein was, was hy nie die soort oupa wat met jou speletjies gespeel of grappies gemaak het nie. Vir iemand vir wie woorde sy brood en botter was, was hy ’n man van verbasend min woorde, maar ’n formidabele teenwoordigheid – iemand met ’n gloeiende aura. Ons was uiters bewus van sy hoë verwagtinge van ons. Trouens, ons was ’n bietjie bang vir hom, maar ook gretig om hom te beïndruk.
Ek onthou toe ons een aand by Oupa en Ouma geëet het. Hulle moes ons oppas, want ons ouers was uit. Ons drie het tjoepstil om die kombuistafel gesit, en elke keer as hy of Ouma iets voor ons geplaas het, het ons hard en duidelik gesê: “DANKIE,” soos ons geleer is. Oupa sê eenkant vir Ouma: “Hulle het minstens goeie maniere.”..
Registreer gratis om hierdie artikel te lees.
Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.
Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.
Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.
Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.
Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.
Om kommentaar te lewer op hierdie artikel, registreer (dis vinnig en gratis) of meld aan.
Lees eers Vrye Weekblad se Kommentaarbeleid voor jy kommentaar lewer.