DIS vir die jongman wat my die afgelope Vrydag op die voorstoep van ’n restaurant op Stilbaai voorgekeer het, net om dankie te sê, het hy gesê. Dankie vir die aand se gesprek oor die stand van ons land en sy mense en sy dinge waarmee die eerste Vrye Weekblad-boekefees begin het. Dit was interessant, die menings en kommentare. Hy het sy knieë geknak tot hy mý ooghoogte was, my in die gesig móés kyk toe hy sê:
“Maar dis die stories, van julle en van mense in die gehoor, dís wat dinge in my losgemaak het, wat my kop aan die dink gesit het. Dis die stories wat my gemáák luister het en al was dit plek-plek nogal ongemaklik, het dit daar oukei gevoel om om só kriewelrig gemaak te word.” Hy was nie spyt dat hy hom deur sy vriende laat ompraat het om te kom luister nie, het hy gesê. “Dankie.” Dis die woorde wat bly steek het: om te luister.
Ná die storie van ’n Kroonstad. Indwe. Koster. Ravensmead. Stories van onthou van gister en van nou, stories van naby en van ver, soos dit was en soos dit is. Die storie van ’n verwelkoming by ’n fees op ’n stille kusdorp waarby die onthou ingeweef is van die begrafnis die volgende dag van ’n ma en haar kleuter, op Valentynsdag vermoor in die woonbuurt Melkhoutfontein etlike kilometers verder weg. ’n Bindingsmoment. Die fees as veilige ruimte vir wat wyle N.P. van Wyk genoem het, die “oop gesprek”, waarin oor “alles” gepraat kon word, krities, openhartig, waar jy gekonfronteer kon word met jou eie vooroordele en voorveronderstellings en dié van ander wat van jou, en van almal, ’n oopheid vereis het vir ander idees, ander sienings, vir ander maniere van kyk na die wêreld, na hierdie land van ons...
Slegs Vrye Weekblad-intekenaars kan hierdie artikel lees.
Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud. Daar is ’n spesiale tarief vir pensioenarisse.
Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
Het jy ’n intekenbewys? Gebruik dit nou.
Vrae of probleme?
E-pos hulp@vryeweekblad.com of skakel 0860 52 52 00.
Moenie jou eie onbeduidendheid vergeet nie