DIT was veral lede van Jong Dames Dinamiek wat in die laat 1980's op kampus bamboesmandjies uitgevoer met bont geblomde lap klas toe gedra het. Binne-in die mandjies was hulle lêers in gelid gerangskik, oorgetrek in fleurige Biggie Best.
Dit was ook hulle koshuiskamers wat pienk boudoirs was van Laura Ashley-rose wat geil op duvets rank en teddiebere en strooikussings en fotorame en blompotte en bakke pot pourri en Sara Moon-afdrukke. Nooit sal ek in so 'n vrolike en vroulike bontspul kan leef nie, het ek agter toegetrekte gordyne en tusen swart lappe en wierookwalms deur gebrom.
Twee dekades ná my kamma-gotiese fase beland ek in 'n huurhuis in Engeland oortrek met hoogtepunte van elke voorafgaande gier: vertrekke geverf in heldergeel tot spookasempienk, osbloedrooi en turkoois. Muurpapier waar die verf te vaal was. Gefestoeneerde gordyne van chintz. Kombuisteëls in blokkies blou, rooi, geel en groen. Bruin linoleum. En langhaarmatte van muur tot muur in wuiwende grasgroen en polsende koningsblou, met die helderste juweel in die matkroon op die trappe en die sitkamer: draaikolke van onderskeidelik kapoenskakerings en pienk en groen blomme. ..
Slegs Vrye Weekblad-intekenaars kan hierdie artikel lees.
Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud. Daar is ’n spesiale tarief vir pensioenarisse.
Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
Het jy ’n intekenbewys? Gebruik dit nou.
Vrae of probleme?
E-pos hulp@vryeweekblad.com of skakel 0860 52 52 00.