Politieke Notaboek | Ura Kremlyu! Wat is die Russe se planne met SA?

KANONSALUUT VIR ONS KAMERADE

Politieke Notaboek | Ura Kremlyu! Wat is die Russe se planne met SA?

MAX DU PREEZ wonder wat Moskou se werklike agenda met Suid-Afrika is. Hy skryf ook oor die vloot se kanonne wat nie wil skiet nie en nomineer die grootste politieke hoer in die land.

EK is die laaste een wat ’n Rus of ’n rooie onder elke bed soek, maar daar is net te veel stukkies getuienis om nie te begin wonder of Rusland nie nuwe planne het om in Suid-Afrika betrokke te raak nie. Met die ANC as gewillige vennoot, natuurlik.

Ja, Amerika, Brittanje en ander Westerse lande het ook op verskeie vlakke ’n teenwoordigheid in ons land, maar dit is almal demokrasieë met oop gemeenskappe en ’n vrye media, so die gevare van onderduimsheid en verskuilde motiewe is skraal. Dié teenwoordigheid word ook nie geheim gehou nie.

Rusland is nou ’n volbloed-diktatorskap wat ’n imperialistiese oorlog, oorlogsmisdade en al, op ’n buurland voer. Pres. Vladimir Putin se regering het alle onafhanklike media se monde gesnoer en duisende burgers wat die oorlog durf kritiseer of selfs ’n oorlog noem, in die tronk gestop. Van sy politieke teenstanders is ook in die tronk en van hulle is vergiftig of vermoor...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.