Het politieke leiers nie maar almal ’n geraamte(tjie) in die kas nie?

'N KWESSIE VAN HÓÉ SKULDIG

Het politieke leiers nie maar almal ’n geraamte(tjie) in die kas nie?

Ná die opskudding die afgelope week of wat met die Phala Phala-bom en die Ngcobo-verslag, en met talle voorbeelde van bevlekte leiers van oraloor in die wêreld, het NINA OVERTON-DE KLERK besin oor of daar werklik goeie politieke leierskap kan wees. Sy meen burgers moet hande vat en self die leiding neem.

DAAR was die afgelope week of wat ’n behoorlike opskudding weens die Phala Phala-bom en die verslag van ’n onafhanklike paneel wat op prima facie-getuienis bevind het dat pres. Cyril Ramaphosa moontlik bepalings van die Grondwet geskend en ander wette oortree het. Dit het onmiddellik ’n lang skaduwee gegooi oor sy bevoegdheid om as leier voort te gaan, en daarmee saam oor die toekoms van die ANC-regering sowel as die land.

Eers wou Ramaphosa summier bedank om verdere skade aan die land te verhoed. Toe is hy na bewering oorreed om te bly en verder te veg. Intussen het die parlement die stemmery oor die verslag met ’n week uitgestel, en het Ramaphosa hom (tot groot verligting van baie mense) tot die Konstitusionele Hof gewend om die verslag te hersien. Daardeur word kosbare tyd gewen.

Ondanks vraagtekens uit die geledere van vooraanstaande regslui oor dwalinge in die bevindings was die meeste kommentators dit eens dat die verslag ’n gesonde slag geslaan het vir die onafhanklikheid van die regbank en die oppergesag van die reg. Die proses was immers onderhewig aan ’n baie eng opdrag en tydskaal, en die bevindings slegs gegrond op getuienis op gesigswaarde aan hulle voorgelê, wat uiteraard onderworpe is aan verdere toetsing deur die hof. Maar ook heelwat politiek word aan alle kante daarvan gemaak...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.