Die bevryding om met die ironieë van die lewe te leer saamleef

KOM EK HELP JOU UITTURN

Die bevryding om met die ironieë van die lewe te leer saamleef

ANASTASIA DE VRIES vertel van die stryd van die Russiese vrou in Nr. 7 om in te blend, en van die oorlog wat ’n gat so groot soos haar ma in haar hart gemaak het. Sy en haar man het op ’n klein plekkie gaan woon waar hulle gedink het dit sal makliker wees om vriende te maak. ‘So me I find enemies, war. Then I find chocolate sister.’

EK stap buitentoe om die vullis te gaan uitsit. Voor my hek staan ’n vreemde tafel, ’n bed en kaste in blou en wit. Dis ’n gekoek in die straat. In gelid soos in ’n kerk staan stoele en banke gepak voor Nr. 7. Sy turn uit, sê Nr. 7 vir my vraende gesig. Sy ignoreer die lot wat agter hul hande staan en brom, steeds vies oor hul gekla oor haar voertuie wat kwansuis die plek vol staan. Hulle annekseer ander mense se lande, nou annekseer sy sommer ons straat ook, sê die man wat eendag in daai stemtoon vir my gesê het hy was lid van die voormalige intelligensiediens toe ek hom loop sê het ek sal hom opfok as hy weer ongevraagd aan my vyeboom kom sny. Fok ek jou steeds op, het ek tot sy vrou se verontwaardiging gesê. Oh well, ek sien sy het darem vir Nr. 8 geskip, sê ek vir die oudspioen en sy bende toe ek my by Nr. 7 loop skaar. ’n Gang-fight is niks anders nie as magsvergryp as jy alleen staan.

Sy turn uit, herhaal Nr. 7. Ek sien, sê ek. Die toneel is bekend. Aan die ander kant van die Kaap turn my mense nou ook uit. Van huis tot huis staan die voorjaarte vol meubels vir hul jaarlikse sonbad, die strate ruik na matsjampoe en seep en stoeppolitoer, verf en blouspirits vir die ruite en glas en beddegoed wat in die son droog raak. Jy kan weer in die onskuld glo, in die mensdom. Dis soos ’n verbintenis, die uitturnery, vang ek hier en daar ’n woord op uit Nr. 7 se Russiese Engels en dit wat na Afrikaans klink. Haar ma begin ook vandag, kamer vir kamer, tot ’n week lank, hoor ek. Sy wat Nr. 7 is, het net twee dae voordat die eerste van vyf groepe toeriste Woensdag aankom en sy en haar man en hul ander toergidse weke lank op die pad is. Maar vir nou, net vir hierdie twee dae wil sy haar verbeel sy is daar, by haar ma in hul huis met die witgekalkte mure en die blou deure en vensterrame, tussen die bollings seepskuim wat ruik na dennebol, die reuk van naeltjie-olie waarmee haar ma die vloere ontsmet, elke kamer en die stoep en die tuin vol saamwees, saamsing, saamlag, saam-onthou.

Sy wonder of haar ma denneseep kon kry. Sy het laas gesê dit word skaars en haar voorraad skraal, maar sy het nie weer gevra nie, want hoe gemaak as die seep wat haar ma al van haar kleintyd saamdra, op is? Dit sal wees soos ’n band wat breek. Jy hou van die woord, sê ek. Verbintenis. Band. Sy het die woord “uitturn” by my gehoor, sê sy. Toe het sy gemaak of sy weet waarvan ek praat en kon nie ophou lag toe sy later by haar man hoor dis “spring-clean” se suster nie. Nou gebruik sy altyd net daai woord; sy hou daarvan. Uitturn. Sê sy dit, is dit soos ’n klein borreltjie lig wat stadig-stadig in haar kop oopbars, sê sy. Ons lag oor die klank van bars wat sy met haar mond namaak...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.