Rayne Stroebel is die besturende direkteur van Geratec (Gerontological Research, Training, Education and Caring). Hy het ’n passie vir mense wat met demensie leef en doen tans sy doktorsgraad in demensiestudies deur die Universiteit van Stirling in Skotland.
DIE SKOKDIAGNOSE VAN ONS TYD
Demensie: Wanneer moet jy bekommerd wees?
Vir die meeste mense is demensie, oftewel major neurokognitiewe steurnis, ’n doodsvonnis waar jy vir jare op ‘death row’ wag vir die finale val van die guillotine, skryf RAYNE STROEBEL. Hy meen egter breingesondheid begin by ’n fetus.
Deel
TWINTIG jaar gelede was kanker die diagnose wat mense die grootste skrik op die lyf gejaag het. Vandag is dit demensie – vir die meeste ’n doodsvonnis waar jy vir jare op “death row” wag vir die finale val van die guillotine. Geen genesing, geen omkeer, geen uitkomkans nie. ’n Stadige verkrimping van jou brein en jou menswees. Die populêre media staan gereed met gruwelverhale van die siekte wat jou van alle menswaardigheid ontneem deur die dal van doodskaduwee.
Demensie, of soos dit tans in die Amerikaanse Psigiatriese Vereniging se Diagnostiese en Statistiese Handleiding van Geestesteurings (DSM 5) bekend staan: “Major Neurocognitive Disorder”, is ’n sambreelterm vir meer as 100 neurologiese toestande wat gekenmerk word deur die afname van breinfunksies weens fisiese veranderinge (oftewel atrofie) van die brein. Die term demensie is in 2013 in heroorweging geneem weens die stigmatiserende aard van die woord. Die Latynse stam van die woord is “demens”, wat indien dit direk vertaal sou word, beteken dat ’n persoon “mal” is, of sy/haar “verstand verloor het”, letterlik om te de-mens. Daar word onderskei tussen drie soorte neurokognitiewe kondisies – delirium, “mild neurocognitive disorder” en “major neurocognitive disorder” – genoeg om enige mens ’n heilige vrees op die hals te haal.
Waar sou ’n mens begin om die omvang van hierdie siekte te beskryf? Die apokaliptiese demografie wil ons laat glo dat een uit elke drie mense bo die ouderdom van 85 demensie gaan ontwikkel, met 10 miljoen nuwe diagnoses elke jaar. Een nuwe geval elke 3,2 sekondes, van wie 60% in ontwikkelende lande soos Suid Afrika woon. Hoewel statistieke skaars en onbetroubaar kan wees, is dit so dat die siekte ’n werklikheid is vir miljoene ouer (en nou selfs jonger) persone wêreldwyd. In ag genome hoeveel mense in ontwikkelende lande nie toegang het tot ’n behoorlike proses van diagnose nie, kan demensie as die pandemie van oudword beskou word...
Registreer gratis om hierdie artikel te lees.
Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.
Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.
Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.
Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.
Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 082 897 2721 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.
Verwante Artikels
Alzheimer: die donkerte wat oor jou brein seil
Te veel tegnologie verjaag geliefde spoke
Bly jy op sosiale media of nie, dís die vraag
Die geheim vir ’n flinker brein lê by jou boep
Outofawat? Hoe nuwe tegnologie jou kan help
Deel
-
Deel
Rayne Stroebel
BydraerRayne Stroebel is die besturende direkteur van Geratec (Gerontological Research, Training, Education and Caring). Hy het ’n passie vir mense wat met demensie leef en doen tans sy doktorsgraad in demensiestudies deur die Universiteit van Stirling in Skotland.