Happy Krismis, Karel

LIEFDADIGHEID OP OUKERSAAND

Happy Krismis, Karel

TINUS HORN vertel van sy eerste ontmoeting met Karel, ’n werklose nutsman, wat jare later op ’n reënerige Oukersaand aan sy voordeur kom klop het op soek na skuiling.

EK het al vergeet ek het vir Karel my adres gegee, so ek was heel verras die Oukersaand toe hy by my en Talia se voordeur opdaag met karton-rendierhorings op sy kop en agter hom ’n slee, met geskenke op. Die slee was ’n kombers. Dit het liggies gereën. Die rendierhorings was nie heeltemal oortuigend nie.

Ek het Karel jare tevore op Upington ontmoet. Doerietyd – dalk is dit ná Covid weer so, ek weet nie – het elke dorp in die land een of ander fees gevier, week ná week. Daar was skaapfeeste en beesfeeste; perske-en-peerfeeste; roosfeeste en appelkoosfeeste. Daar was feesfeeste.

Ek het ’n maroen Opel-stasiewa voos gery van die een fees na ander, my stalletjie opgeslaan en pastelportrette teen ’n fooi geteken. Wenk van die week: Teken bakore platter en kyk dubbelkenne en plooie heeltemal mis, en kort voor lank is die ry by jou stalletjie langer as die een by die Porta-Potties...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.