Daar slaan Elon nog ’n winskoop los

NIE SPORT NIE

Daar slaan Elon nog ’n winskoop los

TINUS HORN skryf oor Elon Musk en die T20-Wêreldbeker, die Proteas se tjoukery en ’n baba wat teen spraakvryheid gekant is.

MY vriend en kollega Louis de Villiers is seker spyt hy’t my met ’n virtuele bier op WhatsApp omgekoop om iets van die krieket te sê, sodat hy dit volgende week kan vermy. Min het hy geweet ek gaan ’n brokkie goeie nuus in ’n dorre landskap opgrawe: Elon Musk het die T20-Wêreldbeker gekoop, en gaan dit nou probeer breek.

Indien hy daarin slaag, gaan hy terstond nog ’n paar duisend mense in die pad steek, sodat hy aanstaande jaar ook die Eendag-Wêreldbeker kan aanskaf en onskadelik stel. Hy is tot dié drastiese stappe gedwing deurdat die Protea-span al die maniere uitgeput het waarop mens kan verloor nadat jy basies gewen het. Dit het hulle net 30 jaar gekos om dié mylpaal te behaal.

Die span kry mos binnekort ’n nuwe afrigter, wat moontlik vars verloorplanne kan smee, maar Elon wil niks aan die noodlot oorlaat nie. Hou gerus ’n ogie op Twitter vir die jongste verwikkelinge. Hy gaan spoedig ’n aankondiging daaroor maak, wat hy later gaan uitvee...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.