Moeder Aarde se SOS: ‘Help, Meneer Speedo-diplomaat!’

COP27

Moeder Aarde se SOS: ‘Help, Meneer Speedo-diplomaat!’

Aan die vooraand van COP27 het die Brits-Suid-Afrikaanse langafstandswemmer Lewis Pugh die eerste mens geword wat regoor die Rooisee geswem het. Ná 16 dae en 123 km op sy #CoralSwim was die VN se Beskermheer van die Oseane se pleidooi aan wêreldleiers: ‘Druk julle koppe onder die water!’ en kyk wat ons op die punt staan om te verloor as daar nie nóú iets gedoen word om emissies te verminder nie. LIRYN DE JAGER skryf oor Pugh se Speedo-diplomasie te midde van die netelige situasie waarin Moeder Aarde haar bevind.

BEHALWE VIR diep sakke en onuitputbare geldkoffers, is die Brits-Suid-Afrikaanse swemmer Lewis Pugh se versugting bloot dat politici die omgewing die middelpunt van elke agenda maak.

Vir meer as ’n kwarteeu al gebruik dié langasem sy platform as een van die mees gerespekteerde langafstand-swemmers vir niks anders nie as die bewaring van oseane en kwesbare ekostelsels. Hy het op 26 Oktober by Hurghada, Egipte, uit die water gestrompel ná sy jongste epiese swemtog. Sy boodskap was eenvoudig:

“Ons kan nie meer tyd mors nie...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Vrye Weekblad het op 1 Oktober 2022 geskuif van Arena Holdings na die Nuwe Vrye Weekblad Mediagroep. Dit beteken dat ons jou asseblief moet vra om weer ’n lesersprofiel te skep.

Dít sal jou vir Oktober, wat C. Louis Leipoldt nie verniet “die mooiste, mooiste maand” genoem het nie, toegang gee tot alle artikels wat in dié maand gepubliseer is.

Ons hoop dit gee Arena genoeg tyd om alle uitstaande subskripsiegelde aan huidige intekenare uit te betaal.

Van 1 Januarie 2023 sal jy 'n subskripsie uitneem. Maar vir nou is alles mahala! Geniet dit. En dankie dat jy weer met ons is!

Reeds geregistreer? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.