Tussen die lepel en die mond

VAN WAAR, GEHASI

Tussen die lepel en die mond

DEBORAH STEINMAIR neem ’n paar raaiselagtige kosspreekwoorde onder die loep.

EK is lief vir bespiegeling. Dis hoogs kreatief. Woordeboeke en boeke oor etimologie verskaf antwoorde oor die oorsprong van woorde en spreekwoorde, maar soms wonder ek wie het nou eintlik besluit dis die korrekte een? Het een mens of ’n komitee besluit dis die mees waarskynlike verduideliking?

Ek het verlede week geskryf oor die uitdrukking “met die gebakte pere sit” wat nie heeltemal bevredigend verduidelik word nie – pere het glo iets soos ’n klap of ’n oorveeg beteken, in elk geval iets onaangenaams. Nou stuur ’n leser, wat anoniem wil bly, vir my haar verduideliking wat myns insiens meer sin maak as dié van Pharos se Spreekwoorde en ander segswyses:

Moet my asseblief nie noem of aanhaal nie, netnou is ek ’n poephol op pale tot vermaak van my vriende ... Ek dink die uitdrukking “gebakte pere” kom van die testikels (ook genoem peertjies) van skape wat die boere (en ander) destyds gebak en geëet het. Dit was nie gereken as iets wat “ordentlike” mense geëet het nie – vandaar die uitdrukking??..

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.