Menings, vrae, kritiek en aanbevelings

WAT DINK JY VAN VWB 3.0?

Menings, vrae, kritiek en aanbevelings

Ons lesers se kommentaar op Vrye Weekblad 3.0 is meestal positief. Hier is ’n paar reaksies van die afgelope week.

  • 04 November 2022
  • Vrye Denker
  • 5 min om te lees
  • artikel 24 van 30

Baie dankie vir die heerlike koerant Vrye Weekblad. Ek is so bly dat dit kan voortgaan. Ek was so opgewonde nadat ek nou die dag die berig gelees het oor Mmusi Maimane se planne om al die goeie leiers van die land op te kommandeer en koppe bymekaar te sit ter wille van 'n koalisie. Ek wil vra of julle slim beriggewers nie moontlik ook julle koppe bymekaar kan sit en die Suid-Afrikaanse toekoms beplan nie.

Hiermee bedoel ek: Skryf vir ons wie is goeie leiers in die land. Wat is hulle planne met die land? Hoe kan 'n goeie koalisieparty lyk? Wat moet die mense doen om die wiel om te draai en in 'n nuwe rigting te stuur?

As ons en die res van die land se mense vir die volgende twee jaar voor die verkiesing heeltyd hoor wie die nuwe moontlike leiers is en hulle name word algemeen gebruik, dan is dit maklik om vir hulle te stem. As julle met julle goeie nuusberigte aan die mense planne bekendstel van goeie bestuurders, sal dit die verwagting word. ..

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.