Wat julle dink van VWB 3.0

LESERS SE MENINGS

Wat julle dink van VWB 3.0

As ons sommige lesers vies en ander bly maak, bied ons sekerlik 'n redelike verskeidenheid.

Môre! Ek hou van daai nuusflitse aan die begin – en die weer! Laat mens die dag met 'n glimlag begin – die weer bedoel ek, nie altyd die nuus nie. Terloops, sê vir Willem IN 'n stadium sowel as OP 'n stadium is Goeie Standaardafrikaans à la die nuwe HAT 🤭. Maar die storie geinterview – nee o vrek, daar trek ek die streep. En nee, ons lees juis VWB omdat dit in ons eie taal is.  Ek meng myne ook wanneer ek praat en soms wanneer ek informeel skryf. Hou maar die artikels/berigte in Afrikaans. Julle gaan lesers verloor as dit 'n tweetalige blad raak. Dis juis soveel anders as die gewone dagblaaie se twak. En baie meer insiggewend. Ek dink 'n groot gros Afrikaanssprekendes voel alreeds uitgeskuif en “aangeval". Ja, ons verstaan almal Engels – dikwels selfs beter as die Engelse – maar VWB is 'n Afrikaanse publikasie. Sterkte vir al julle beplanning.
– Marietjie op Stilbaai

Hi Anneliese. Such a pity, but I have become so disillusioned with VWB. There is a brilliant side exhibited by some of your writers and contributors, like Max du Preez, Piet Croucamp and several others, but I've become so fed-up with the platvloersgeit of others, that I cannot abide seeing the VWB in my inbox anymore!  Perhaps it's solely my hangup inherited from a strict Afrikaans mother's upbringing, but I cringe every time I come across this sort of stuff in your paper: “Die Camden-kragstasie is van die netwerk gehaal toe ’n werknemer, wat beslis van beter moes weet, klaarblyklik met opset die verkeerde klep oopgemaak het. In die proses het besmette water in die stoomketel beland. (Die drol in die drinkwater?)" There are more examples in this issue, but let's leave it at that. Take care.
– Bonnita Hill

Baie dankie vir hierdie daaglikse briewe. Kort bindende stories is altyd welkom. Die skeppers van die nuwe uitleg verdien ook baie lof. Net een ding: Hou asb. by sterk swart letters op wit agtergrond. Die wishy-washy vaal-room rante en selfs skrif (aan einde van die stuk) is feitlik onleesbaar. Vir ons ouerwordende (fancy naam nou vir ons?) geslag is dit omtrent onsienbaar. Gebruik liewers kleure soos rooi, of groen of moontlik blou. Enige oogkundige sal weet watter kleure werk. Ek het darem al my predikant amper sover gekry om kennisgewings en sangdele op gewone  swart op wit te plaas. Dankie vir die moeite en alle sukses. Vriendelike groete.
– B. Esterhuizen..

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.