Die verlede en die Grondwet: Daar’s g’n skoon lei nie

DEKOLONISERING

Die verlede en die Grondwet: Daar’s g’n skoon lei nie

Gee eers al die verowerde grond terug en praat dan van 'n nuwe grondwet? ELMIEN DU PLESSIS waag haar in die debat oor dekolonisering en meen 'n mens kan nie die verlede steriliseer van al die invloede en veranderings en dan net so oorplant in die hede nie.

DIT was ’n reënerige aand in Newtown ongeveer 10 jaar terug. Ek is gevra om deel te wees van ’n paneel by die Market Photo Workshop saam met die swartbewussynsprofete Andile Mngixtama en Simmi Dullay. Hulle het ’n meer “ortodokse” stem gesoek. Dié naïewe lefty het gedink why not, hulle maak seker ’n fout. In elk geval, dis min genoeg dat die tema van “onteiening sonder vergoeding” publieke aandag trek.

En daar sit ek en my bleek vel voor ’n gehoor wat eintlik net daar is om na Andile te luister. En elke keer wanneer ek probeer praat oor die Grondwet en artikel 25 kom die aantyging: “colonial gaze”. Hoe dan nou? wonder ek nog ewe naïef. Nee, wit mense het eintlik nie ’n reg om deel te neem aan dié gesprek nie.

Die res kan ek nie meer so lekker onthou nie. En dank die vader dat Twitter toe nog nie so groot was nie, want my stomgooi sou voorwaar getrend het...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.